$("#menu6display").toggle(); $("#menu6 a span img").toggle();
Landbou Burger - Brugman ploeg met wyn terug in sy gemeenskap
Vir die voorreg om in ‘n mooi omgewing soos die Banhoek valley buite Stellenbosch te kan bly en daar te kan wyn maak, moet jy iets terugploeg in die gemeenskap, glo mnr. Delarey Brugman van die Alluvia Boutique Winery and Guesthouse.
Vir hom is dit ‘n missie om die lewe van ander in die gemeenskap te verbeter en om juis kinders ‘n kans te gun wat hulle nie andersins sou kry nie. Vir die doel het hy die “Give me a Chance” trust gestig waaruit die skool-opleiding van tien kinderswat hy “aangeneem” het, ondersteun word.
Die trust hou jaarliks ‘n geldinsamelingsgeleentheid ten behoewe van die kinders en kry bydraes van plaaslike gholfspelers, wynkelders en sakemanne. Die wins uit die beperkte hoeveeldheid cabernet sauvignon van 2005 wat onlangs onder die etiket "Give me a Chance" vrygestel is, gaan net so na die trust.
Brugman se egter hy hoop hy kan ander instansies ook by die trust betrek, want dit sal ‘n verskil maak as hy die dag nie meer daar is nie en die wyn daarvoor nie meer gemaak word nie.
Toe Brugman en sy vrou, Sandie, uit die betonoerwoud van die Noorde ontsnap het om hier te kom nesskrop, het hy satelliet foto’s ingespan op soek na die ideale grond waar hy wonderlike wyne kan maak en ‘n omgewing kan skep waar sy kinders gelukkig kan grootword.
In 2002 het Brugman die plaas gekoop en dit herdoop na Alluvia, genome na die alluviale neerslae wat hier voorkom en die ideale terroir help skep wat topwyne lewer. Brugman het die trust in 2004 gestig om ‘n verskil in die lewe van ander te maak. Hy se navorsing het getoon dat die onwikkeling van ‘n minderbevoorregte kind in ‘n kommersieel aktiewe individu die lewe van minstens twaalf ander in sy of haar gemeenskap verbeter. Omdat Kylemore daar naby van die armste gemeenskappe in die land het, maar terselfdertyd oor ‘n groep leerders beskik wat bereid is om te droom en hard te werk om hul doelstellings to bereik, word die trust aangewend vir leerlingskapproramme , asook om ‘n network van sterk rolmodelle te vestig wat leiding kan gee en die weg baa nom hul drome te laat waar word.
Die aanwesiges wat die bekendstelling van Alluvia se wyne onlangs bygewoon het, was dit eens dat ‘n mens ver sal soek na ‘n cabernet van die gehalte teen R30 per bottle. Boonop is dit ‘n wyn wat reeds gedrink kan word.
Alluvia se Ilka-reeks, die sauvignon blanc en die cabernet sauvignon, asook die Give me a Chance, is onlangs saam met die nuwe proelokaal bekend gestel.
Die naam vir die Ilka-reeds, wat bestaan uit ‘n cabernet sauvignon en sauvignon blanc, is afgelei van die name van Brugman-hulle se twee lingdogters, Ilse en Karla.
Die Ilke Cabernet Sauvignon 2004 het dieselfde kenmerkende geure van rooi vrugte as die Give me a Chance, maar sy voller styl en speseryagtige karakter maak van hom ‘n veel ernstiger wyn, wat ideal saam met kos gaan.
Die Ilke Sauvignon Blanc 2007 is ‘n uitstekende wyn met kenmerkende tropiese geure. Volgens Brugman is die sukses van die cabernet sauvignon te danke aan die vrugbare grond, goeie wingerdkundige praktyke, die wyn maakspan se toegewyheid en die eksplorasie van die kultivar.
Die wyne kan net op die landgoed gekoop word, en soms word die hoeveelheid per klant boonop beperk.