top round
button

bottom round
banner 1banner 3banner 4
$('#bannerbox').cycle();

Eikestadnuus - Delarey staan sy man

Rowers wat gemeen het dat hulle min teenstand sou ondervind toe hulle n vrou op n Sondagmiddag by n OTM wou beroof het nie gedink dat hulle, hulle teen die harde kwas vierdeslag-kleinkind van voorslag boeregeneraal De la Rey sou vasloop nie.


Jacobus Hercules Delarey Brugman (34), beter bekend as Delarey Brugman, eienaar  van Alluvia-wynlandgoed, en die agterkleinkind van genl. Jacobus Hercules de la Rey, het self van die voorval vertel.


“Ek en my vrou was op Sondag, 2 Augustus, kort na kerk by die Simonsrust-winelsentrum om geld te trek en iets by die apteek te kry. Toe ek uit die apteek kom sien ek twee swart mans by my vrou terwyl sy by die OTM besig is. Ek het onraad vermoed en skree toe vir haar of daar fout is. Toe sy terug skree dat hulle haar wil beroof, het ek onmiddellik daarheen gehardloop.


“Die twee stuks het uit mekaar gespat. Ongelukkig vir my kies ek toe die vinniger kalant. Terwyl sy kameraad in n voertuig spring en weggejaag het, het ek my man deur die parkeerterrein geja tot in Cluverweg. Gelukkig het n motoris sy voertuig skuins voor hom gestop sodat hy sy vaart moes verminder. Die pad was besig, en voertuie moes wild rem om my en die voortvlugtige – wat intussen sy mes weggegooi het – te vermy, maar daar in die middel van die pad het ek hom toe gevang.


“Hy was baie aggressief en het my links en regs as n “f....ng white pig” uitgeskel. Ek het daarop aangedring dat hy saam terugkom na die winkelsentrum. Die Sparsekuriteitswag het hom aangehou tot die polisie opgedaag het. Iemand het ook die registrasie nommer van die verdagte voertuig aan die polisie verskaf.


“Die skelms – van so in die veertig – was besonder netjie uitgevat in syhemde en Italiaanse skoene en met ringe aan die vingers. Hulle het vir my vrou, Sandie, gesê daar is fout met die masjien en dat hulle wil help. Toe sy se dat sy nie hulp nodig het nie, her een die kaart uit haar hand gegryp. Sy het dit egter teruggegryp net toe ek uit die apteek gekom het.
“Wat egter baie skokkend is, is dat twee jong blanke mans wat met die voorval reg agter my vrou was, nie n vinger gelig het om te help nie. Dit is eintlik hartseer as jy daaraan dink dat niemand wou help nie.


“Dis duidelike dat Stellenbosch bekendheid verwerf het as n sagte teiken vir skelms en rowers. Dis tyd om weer saam te staan teen ons land se grootste bedreiging,” het Delarey Brugman, net soos sy roemryke naamgenoot van ouds, gesê.

Contact Details

Alluvia Specialist Winery
Tel: +27 21 885 1661
Fax: +27 21 885 2064
Email: info@alluvia.co.za
Glen Arum Road
Helshoogte Pass
Banhoek Valley
Stellenbosch

GPS co-ordinates:
33° 55' 05"S 018° 55' 36"E

Today's Weather

currency widget