$("#menu6display").toggle(); $("#menu6 a span img").toggle();
Die Burger - Wynmaatskappy in VK vry na ilka
Die voortreflike ilka Cabernet Sauvignon 2004 her behoorlik naam gemaak in die sterk mededingende Britse wynmark.
Die unieke wynoes is n produk van die Alluvia-boetiekwyn en gastehuis in die Banhoekvallei net buite Stellenbosch.
Die cabernet, wat die werklike waarde van die land goed weerspieël, het wynkenners oor die aardbol heen aan die proe.
Die Britse wynmaatskappy Albert , in die hoofstraat van Esher, het onlangs een van ilka se nuutste ondersteuners geword toe die onderneming 200 kaste van die Cabernet Sauvignon aangeskaf het.
n Kenmerk van die Albert-wynmaatskappy is dat hy onbekende wynhandel name, wat nog nie deur die hoofstroom meegevoer is nie asook ander meer bekende wyne aanhou. Hy het n wye verskeidenheid en bied die klant meer as 700 wyne on van te kies.
The George, n spogrestaurant wat ook in Esher is,is een van Albert se grootste klante en sal ilka Cabernet 2004 aanhou.
Die restaurant en gewilde wynkroeg bied n wynlys met 28 wyne van die topwynkelders oor die hele wêreld aan.
Delarey Brugman, eienaar van Alluvia, se die sukses van die ilka Cabernet Sauvignon is omdat Alluvia hoog bo Stellenbosch in die berge van die Banhoekvallei gelee is. Die kombinasie van ontbindende graniet en Tafelberg-sandsteen bied volgens hom n perfekte klimaat om die elegantste wyn te produseer.
“Ons probeer die grense van tradisionele wynmaaktegnieke oorskry en ek glo dat ilka die suksesvolle balans tussen ou en nuwe wereldbenaderings van cabernet is.” Ilka Cabernet Sauvignon 2004 is n egte rooiwyn wat uit cabernet sauvignon (94%) bestaan, petit verdot (3%) en merlot (3%).
Die diep Ruby-rooiwyn ruik na donker pruin en ryp pruim. Dit het n perfekte, ferm tekstuur met n intense kleur.
Die verpakking weerspieël die goeie gehalte van die wyn. Verskeie tegnieke is gebruik om n nuwe, unieke wynbottel te vervaardig. Hierdie bottels is net in Spanje te vind en hierdie proses laat die verskillende kleure van wyn toe om te verkleur na verskeie kleur in een bottel.
Brugman is vasbeslote om wyn te maak wat sy familie se leefstyl en lewensfilosofie uitbeeld.
“Ek het vyf jaar gelede my onderneming in die stad verkoop en binneland toe getrek sodat my kinders daar kan groot word,” het Brugman gesê.