$("#menu6display").toggle(); $("#menu6 a span img").toggle();
Nuwe toekenning beloon ondernemings - Landbou Weekblad
Nuwe toekenning beloon ondernemings: Goeie sakepraktyke, innovasie en leierskap by wynondernemings gaan eersdaags beloon word.
Mnre. John Woodwaard from Frogitt and Vonkel private wynhandelaars(en die stigter van die Jo’burg Wine show) en Delarey Brugman van die “Bring it Home” – waardeketting optimiseringsmodel en die hoof uitvoerende beampte van Alluvia Wyne, het die eerste toekennings vir sake – ondernemings in die wynwynbedryf bekend gestal.
Hulle se die kompetisie bekroon nie die wyn nie, maar gee erkenning aan individue en maatskappye in die res van die waardeketting. Die kompetisie poog om erkenning te gee aan navolgenswaardige sakevernuf en aan prestasies wat Suid- Afrika se posisie as ‘n mag om wereldwyd mee rekening to hou, versterk. Dit word geborg deur die saketydskrif Financial Mail. “ons het net besef daar is so baie onbesonge mense en werk betrokke om Suid-Afrikaanse wyn te produseer, dat daar ‘n ernstige behoefte aan so n’ toekenning is.”
Beoordelaars gaan deelnemende ondernemings in 15 verskillende kategoriee beoordeel. Deelname aan die kompitisie is gratis en inskrywings sluit op 9 Mei. Die wenners sal op ‘n dinee op 26 Junie bekend gemaak word. Inskrywingsvorm is op die webwerf www.winebusinessawards.co.za beskikbaar.